Lae aardwentelbaan

'n Vergelyking van die geostasionêre Aarde wentelbaan met GPS, GLONASS, Galileo en Compass (medium Aarde wentelbaan) satelliet navigasie stelsels se wentelbane saam met die Internasionale Ruimtestasie, Hubble-ruimteteleskoop en Iridium konstellasie wentelbane met die weklike grote van die Aarde.[N 1] Die Maan se wentelbaan is ongeveer nege keer groter (in radius en lengte) as die geostasionêre wentelbaan.[N 2]

'n Lae aardwentelbaan (LAW) is 'n wentelbaan om die Aarde met 'n periode van 128 minute of minder (ten minste 11.25 omwenteling per dag) en 'n eksentrisiteit van kleiner as 0.25.[1] Die meeste van die kunsmatige voorwerpe in die ruimte is in 'n lae aardwentelbaan met 'n hoogte van nooit meer as een-derde van die Aarde se radius nie of ongeveer 2 000 km nie.[2]

Die ruimte onder 2 000 km staan bekend as die LAW-gebied.[3] Voorwerpe in wentelbane wat deur die gebied gaan, selfs as hulle 'n apokintion verder uit het of sub-wentelbaan het, word hulle goed dopgehou omrede die risiko groot is dat hulle met baie LAW satellite kan bots.

Die Apollo-program se vlugte is die enigste bemande ruimtevlugte wat verby die LAW beweeg het, alle ander bemande vlugte het binne die lae aardwentelbaan gebly.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "N", but no corresponding <references group="N"/> tag was found

  1. "Current Catalog Files". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2018. Besoek op 13 Julie 2018. LEO: Mean Motion > 11.25 & Eccentricity < 0.25
  2. Sampaio, Jarbas; Wnuk, Edwin; Vilhena de Moraes, Rodolpho; Fernandes, Sandro (1 Januarie 2014). "Resonant Orbital Dynamics in LEO Region: Space Debris in Focus". Mathematical Problems in Engineering. 2014: Figure 1: Histogram of the mean motion of the cataloged objects. doi:10.1155/2014/929810. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2021. Besoek op 13 Julie 2018.
  3. "IADC Space Debris Mitigation Guidelines" (PDF). INTER-AGENCY SPACE DEBRIS COORDINATION COMMITTEE: Issued by Steering Group and Working Group 4. September 2007. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2018. Besoek op 17 Julie 2018. Region A, Low Earth Orbit (or LEO) Region – spherical region that extends from the Earth's surface up to an altitude (Z) of 2,000 km

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search